Entries Tagged as ‘Uncategorized’

Junie 21, 2007

Ode aan ‘n badkamerby

Vandag het ek gestort. Meer beduidend: vandag het ek uit die stort geklim nadat ek gestort het en in ‘n by getrap. Of ‘n badkamervloer ‘n by se natuurlike habitat is, kan ek nie mooi onthou van skool-Biologie nie, maar dit het my uiteraard steeds gesteek (die by, nou). Ek is laas deur ‘n by [...]

Mei 12, 2007

Beminde

In graad twee het my kêrel een keer vir my ‘n liefdesbrief geskryf. Dit was oorhandig in ‘n koevert beplak met sy mooiste ‘softies’ uit sy sticker-versameling. Die klassifiserende woorde “streng private liefdesbrief” was met ‘n pers semi-droë koki daarop geskryf. Sy beste maatjie, Neelsie, het dit aan my kom oorhandig met die woorde: “Liaan sê [...]

Maart 23, 2007

Kragtige inspirasie

Dis wat ek elke week by verbyloop oppad vioolles toe. En terug.

Ek dink ek gaan harder oefen.

Maart 18, 2007

gatslag

- ‘n Freudiaanse perspektief op my voorliefde vir woordeboeke 
So paar jaar gelede was ek in standerd twee. Ek het baie daarvan gehou om met my pienk BMX tussen die heuwels te gaan rondry en myself te verbeel ek is een of ander filantroop wat verlore kinders moet opspoor en red. In my rugsak was daar altyd katjiebotter-toebroodjies om die armsalige, hipotetiese kinders [...]

Januarie 31, 2007

hulde bleik ook soms

[da] Mario Bros:
 

Da Mario, ek het nie vergeet nie – jou goudvis-gegeurde poeiersop is in die pos (net soos al daardie tjeks). Hierdie is net vir ingeval dit nooit by jou uitkom nie: regte-egte (digitale) goudvissop. (Jy kan kies hoe sterk gegeur jy dit wil hê.)

Lekker, lekker, Da Mario, jy’s so oud . Hoop [...]

Januarie 20, 2007

Stellenbosch se nonnatjie roep my

My vakansie het die bodem bereik, leeg.  Môre-oggend vroeg vertrek ek terug na daar waar die akkers na benede wandel, sommige wriemelende wesens oor voetoorgange ploeter terwyl nota’s mettertyd een groot varkoor word. Ek sien uit daarna om weer in Victoriastraat te stap en in my mouloosheid te giggel vir eerstejaars wat met hoë hakke probeer klasdraf.  Ek [...]

Januarie 20, 2007

Om te sak met puck

Ek het ander talente.

Januarie 16, 2007

my reg tot roem

Vir ‘n rukkie in my eerstejaar was daar vreeslik kontroversies daaroor dat baie eerstejaars sekere beurse nie gekry het nie (maar wat aan hulle beloof is deur die Universiteit). Die beurse is om anonieme redes opgehef. Baie van die eerstejaars was diep, diep ongelukkig hieroor – seker met rede – en het onophoudelik daaroor geteem.
Ek het een [...]

Januarie 15, 2007

oordrag

Waarom ‘n eufemisme maak van toiletpapier? Hier’s ‘n voorstel vir ‘n print wat nié doelloos daarna uitsien nie (ignoreer die rosies, though – ek kon niks anders vind nie).

Januarie 14, 2007

voorskrif

Goeie, goeie, goeie môre gemeente en baie welkom by vanoggend se erediens.
Goeie, goeie, goeie môre, Dominee.
Vir voorsang sing ons die volgende liedere (sou u die volgorde, versies of posisies vergeet, is dit ook aangebring op die afkondigings-pamflet wat u by die deur ontvang het):
Ons begin met lied 292 uit die Liedboek van die Kerk (waarvan [...]

Januarie 11, 2007

Toonbeeld van nutteloosheid #1

Hondjie-prints op toiletpapier

Januarie 9, 2007

en as dit Dinsdag is…

Vanoggend het Anna Morf by my kamer ingehorrel gekom - soos sy elke Dinsdagoggend doen. Sy het vir my ‘n Dinsdagpersent gebring: dit was ‘n pakkie kitssop (‘tasty chicken and papyrus’).  Ek was oorstelp van vreugde. Ek  wou nog altyd ‘n pakkie kits-hoendersop van daardie geur gehad het! Aangesien Anna nooit praat nie, het ek egter [...]

Januarie 6, 2007

so natuurlik soos ‘n multiplug wat ‘n graad kraam

(hierdie inskrywing kom kompleet met apologie aan Johan wat die titel [subliem!] gekraam het)

 
Ontmoet my winskopie van die dag:
 
Verby is die tyd van slegte ooghaar-dae: teen slegs R18.95 kan almal nou natuurlike (‘as natural as your own’) en betowerende wimpers hê – of so word daar beweer.  Mens kan wel daarmee gaan wandel, jouself uitgee vir Patricia Lewis se dubbel, krapperige truie [...]

Januarie 3, 2007

“the alleen ware waardevol ding is intuisie” – A. Einstein

Die Universiteit van Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands bied ‘n Nagraadse Diploma in Vertaling aan.  Dit is, terloops, tans die enigste instelling in die Wes-Kaap waar ‘n formele kwalifikasie in vertaling en tolking verwerf kan word. Dit beteken dat mens na ‘n minimum van vier jaar eers ‘n behoorlike vertaler kan wees – en dus vervolgens [...]

Januarie 2, 2007

Nomadiese ambisieblokke en noktambules

 Hierdie vrou word toe mos genooi na Struisbaai ten einde mee te maak aan ‘n samesyn van vriendelikes so met die koms van nog ‘n jaar. Geselling soos sy is, gaan sy toe soheen – sonder om verder te dink aan die verdere implikasie van karavaanpark-akkomodasie. Die hele kuiertjie was  volkome jolig, veral aangesien sy haarself [...]