Junie 21, 2007

Ode aan ‘n badkamerby

Vandag het ek gestort. Meer beduidend: vandag het ek uit die stort geklim nadat ek gestort het en in ‘n by getrap. Of ‘n badkamervloer ‘n by se natuurlike habitat is, kan ek nie mooi onthou van skool-Biologie nie, maar dit het my uiteraard steeds gesteek (die by, nou). Ek is laas deur ‘n by [...]