Beminde

In graad twee het my kêrel een keer vir my ‘n liefdesbrief geskryf. Dit was oorhandig in ‘n koevert beplak met sy mooiste ‘softies’ uit sy sticker-versameling. Die klassifiserende woorde “streng private liefdesbrief” was met ‘n pers semi-droë koki daarop geskryf. Sy beste maatjie, Neelsie, het dit aan my kom oorhandig met die woorde: “Liaan sê jy moet dit alleen in die badkamer gaan lees”.  Ek het daardie brief gekoester, maar was terselfdetyd so skaam daaroor dat ek dit daardie middag in ons HAT by die woord “kardoesbroek” weg gaan steek het. Ek het die dag wat iemand dit sou ontdek, gevrees. Hulle sou my bepaald marginaliseer omdat ek so brief durf ontvang.  Ek het dit egter elke middag skelm gaan herbestudeer, omdat dit aan my ‘n gevoel van euforie verleen het – ek het soos die kosbaarste, mees gewaardeerde meisie gevoel.

So twee weke terug het ek die ‘brief’ herontdek en ek was verstom oor die minimalistiese aard daarvan. Dit is bloot ’n foto van ‘n baba bokser-hondjie wat met patetiese ogies weg van die kamera kyk. Agterop staan agt woorde:

Aan Rozelda

dit is my hond

van liaan

My naam is verkeerd gespel, maar dit het my nooit gepla nie. Ek het dit gekoester omdat hy my belangrik genoeg geag het om vir my ‘n foto van sy hond te gee, omdat dit met onpretensieuse woorde gepaard gegaan het en omdat dit die titel “streng private liefdesbrief” dra. Tot vandag toe nog is dit my gunsteling liefdesbrief.

4 Kommentaar

Filed under Uncategorized

4 Responses to Beminde

  1. Vreemd hoe klein goedjies vir mens belangrik is. Ek heg sentimentele waarde aan die grootste klomp gemors in ander se oë.

  2. Dit is so oulik, my oë is nou sommer vol trane.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s