Mei 12, 2007

Beminde

In graad twee het my kêrel een keer vir my ‘n liefdesbrief geskryf. Dit was oorhandig in ‘n koevert beplak met sy mooiste ‘softies’ uit sy sticker-versameling. Die klassifiserende woorde “streng private liefdesbrief” was met ‘n pers semi-droë koki daarop geskryf. Sy beste maatjie, Neelsie, het dit aan my kom oorhandig met die woorde: “Liaan sê [...]