- ‘n Freudiaanse perspektief op my voorliefde vir woordeboeke
So paar jaar gelede was ek in standerd twee. Ek het baie daarvan gehou om met my pienk BMX tussen die heuwels te gaan rondry en myself te verbeel ek is een of ander filantroop wat verlore kinders moet opspoor en red. In my rugsak was daar altyd katjiebotter-toebroodjies om die armsalige, hipotetiese kinders mee te voer.
(Kyk hoe braaf en intimiderend lyk ek op my BMX:
Soggens moes ek egter die skoene van ‘n gewone skoolkind volstaan (alhoewel ek altyd kaalvoet was). Ek moes al die uitdagings van die deursnit-standerd twee dogter aanvaar, stormloop en oorwin. Ek sou sê dat ek grotendeels hierin geslaag het. Daar is egter enkele gevalle wat ek nie so seker oor is of dit as ‘geslaagd’ beskou kan word nie…
In die daaropvolgende jaar het ons Swellendam toe verhuis. Anders as op Kremetart, was die Engelse klasse op Swellendam in Engels aangebied. Dit was vir my kop moeilik om klein te kry. Juffrou Nel vir ons die opdrag gegee om ‘n opstel getiteld “My hobby” te skryf. Nadat ek uigevind het wat ‘n hobby is, het ek dadelik geweet dat myne fietsry is. Ek het nie geweet wat dit in Engels is nie. Liana van Wyk, my beste vriendin, was ‘n baie groot aanhanger van die intellektualisme. Sy is uiteraard gebruik as die klas se ensiklopidie, sou Juffrou nie aanwesig wees nie. Dit het nie gevoel asof ek ‘n slegte mens is toe ek na Liana draai en die eenvoudige vraag aan haar stel nie: “Wat’s fietsry nouweer in Engels?”. Duidelik was Liana ‘n paar dinge: eerstens was sy heel waarskynlik gefrustreerd met die maklikheidsgraad van die werk waarmee ons besig was en kon geen stimulasie daaruit put nie. Tweedens was sy seker geïrriteerd daarmee dat almal hierdie belaglike goed vir haar vra. Toe sy my egter met ‘n geloofwaardige, komkommerkoel gesig antwoord: “Hmmm…is die nie farting nie?”, het ek nie vir ‘n oomblik gedink dat sy verkeerd kán wees nie. “O, ja, natuurlik! Dankie” het ek gereageer en dadelik begin skryf. Ek wou nie die middag ook nog daaraan werk nie, want ek wou gaan fart.
My hobby
My hobby is farting. I like farting so very much. Every afternoon I go farting on the mountain, in the silent streets and all over the town. Sometimes dogs chase me when I fart in the streets, so I prefer to do mountain farting. I would fart all the time if I was allowed, but my parents they do not want me to fart when it’s dark. They say it is too dangerous.
My brother is very good with the fart. I would like to fart just like him one day because he can do lots of tricks and he never get hurts. He can jump on his fart while going really fast and over ramps. His goes a lot quicker than mine. Once he told me that he farted so fast that fire came out at the back just like a rocket, but I don’t believe him. He has a big green fart, but my fart is small and pink. I like my fart a lot. I even gave it a name which is Ponkie. I named it Ponkie because it is pink.
Farting is very good for your healthy and I think doctors should tell their patients that they must all do farting, even if it is those little farts you get in the house which doesn’t move. Maybe one day I could win ‘n big farting competition and make other people see how much fun it is.
Juffrou Nel het nie baie van my gehou nie. Liana het gesê ek moet my nie te veel aan haar steur nie – sy’s sommer neus-in-die-lug. Hierna het sy vir lank gelag en wou nie sê hoekom nie.







15 Kommentaar
Maart 18, 2007 at 4:31 nm
Ponkie die pienk poep…dis nogal poëties
Maart 19, 2007 at 6:55 vm
Ek dink dis ‘n oulike opstel.
En ek was ook in daai Laerskool. Swellendam het lekker strate om in rond te ry as jy ‘n kind is wat hou van fietsry.
Maart 19, 2007 at 8:34 vm
Haha, baie snaaks. Laat my dink aan hierdie skrywe, waar die skrywer die woord “wand” met die woord “wang” in die eerste Harry Potter vervang het. Met baie snaakse gevogle.
Maart 19, 2007 at 11:30 vm
Die snaaksste post wat ek nou in ‘n lang tyd gelees het. As daai juffrou nie gelag het nie, moes sy self ‘n ou fart gewees het.
Maart 19, 2007 at 12:13 nm
Baie dankie hiervoor. Dis lekker om te lag. Dis lekker om te poep ook.
Maart 19, 2007 at 2:58 nm
ahahahaahhahahaha
Maart 20, 2007 at 6:04 vm
Baie snaaks. Regtig. Herinner my aan my Chocolate Mousse / Chocolate Mouse flater wat ek in ‘n Engelse opstel gemaak het iewers in die laerskool…
Maart 20, 2007 at 7:58 vm
is dit die waarheid?
Maart 20, 2007 at 10:12 vm
Die waarheid so rein soos vyf Moeder Theresas in doeke toegedraai.
Maart 20, 2007 at 11:45 vm
Ek het eenkeer in sub-a in ‘n opstel oor my oom se begrafnis geskryf: “My naweek was baie lekker. Ons het my oom gaan verras…”
Damn dubbele konsonante…
Maart 23, 2007 at 6:16 nm
Ek het presies so pienke gehad!! Hy het nie ‘n naam gehad nie, maar ek het in Gr.1 (transvaalse weergawe van sub-a) na ‘n voël verwys as ‘n voef..
Hoop die poep was darem die moeite werd
Maart 23, 2007 at 10:50 nm
‘n Goeie storie is enigiets werd, Melanie
Maart 27, 2007 at 5:13 nm
“Die waarheid so rein soos vyf Moeder Theresas in doeke toegedraai.” – ai, woorde… is iemand in doeke nou meer of minder rein? Ek’s nie juis opgeclue oor ons kultuur se “reinheidswette” nie… watter Leviet kan ek nou hier vra? Want ek breek nou al weer my kop oor of hierdie ding waar is of nie.
Maart 29, 2007 at 12:47 nm
Hmmm.. Jy het beslis ‘n geldige punt beet, Hugo. Dis beslis nie ‘n goeie vergelyking nie, besef ek nou. Wat ek na verwys het, is dat babas gewoonlik in doeke toegedraai is…en hulle is pretty much rein (soms).
Hoe dit ookal sy – hierdie storie is waar. Punt.
Mei 11, 2007 at 3:00 nm
Farting around was one of my favourite activities when I was a kid. In fact, it lasted until well past puberty. My friends and I did tricks on our farts. When I think about what I would most like to be when I grow up, it is an eleven-year old farter.
I only ever had one fart that had a name. It was when I was a student, and her name was Aurora. My fart was stolen at the Neelsie when I accidentally left her there overnight. After that I had a green fart, which I crashed into a parked car at about 5 km per day and buckled the frame so badly that I had to have it replaced by a pink one. I had several other farting accidents, too numerous to discuss here. Some were quite entertaining.
I don’t fart anymore, but I wish I still did.