My vakansie het die bodem bereik, leeg. Môre-oggend vroeg vertrek ek terug na daar waar die akkers na benede wandel, sommige wriemelende wesens oor voetoorgange ploeter terwyl nota’s mettertyd een groot varkoor word. Ek sien uit daarna om weer in Victoriastraat te stap en in my mouloosheid te giggel vir eerstejaars wat met hoë hakke probeer klasdraf. Ek sien uit na uitsien na alles.
Als is gepak. Ek moet nou nog net my studentekaart vind en ook inpak. Haar vakansie is ook leeg.
(Vir as enigiemand omgee – ek gaan swyg vir ‘n rukkie.)







5 Kommentaar
Januarie 22, 2007 at 6:41 vm
Ek is jammer jy swyg nou al ‘n rukkie…
Januarie 25, 2007 at 8:07 vm
Jy mag nie swyg nie skat!
Januarie 27, 2007 at 11:30 nm
haai, dis amper registrasietyd by daai gebou met die ingang waar mens mos kan sit en so aan.
*nudge nudge wink wink
February 2, 2007 at 7:07 nm
Jy word genooi na Sparrows se verwelkomingspartytjie. Klik op my skakel vir besonderhede.
April 9, 2007 at 12:37 nm
Good site!!!