Waarom ‘n eufemisme maak van toiletpapier? Hier’s ‘n voorstel vir ‘n print wat nié doelloos daarna uitsien nie (ignoreer die rosies, though – ek kon niks anders vind nie).
Waarom ‘n eufemisme maak van toiletpapier? Hier’s ‘n voorstel vir ‘n print wat nié doelloos daarna uitsien nie (ignoreer die rosies, though – ek kon niks anders vind nie).
Filed under Uncategorized
dis mos nou hoe erudiete toiletpapier moet lyk
uhm… ink op toiletpapier is baie ongesond.
as jy dink dis erg, wag tot jy inkvisse op toiletpapier sien
Ek’t gehoor by ‘n Universiteit maaikie (wie se ietwat slimmer, “moeiliker”-vaknemende maaikie aan haar verduidelik het) dat in een of ander vak (ek bespiegel filosofie…nie dat ek eintlik weet wat dit behels nie) een van hulle vrae vereis dat jy moet weet hoekom toiletpapier wit is…En jou antwoord, indien jy een kon bedink, volledig moes motiveer.
Noem my maar kreatiwiteitloos, maar hoe betakel mens nou eintlik so ‘n vraag(met motivering).
Tot vandag toe kriewel die onbeantwoorde vraag in my.
Ruzelda, jou werk maak my teugies ophou werk!Maar moenie jou bekommer nie, ek snak darem weer na lug.
Wat ‘n eer om leesstof soos hierdie onder my oe te laat trippel. Dankie vir jou Afrikaansitiwiteit.(ja, ek weet, die woord bestaan nie. Ek moes net Afrikaans en kreatiwiteit teel)
Natuurlik bestaan dit. Jy’t dit sopas gemaak.