Vanoggend het Anna Morf by my kamer ingehorrel gekom - soos sy elke Dinsdagoggend doen. Sy het vir my ‘n Dinsdagpersent gebring: dit was ‘n pakkie kitssop (‘tasty chicken and papyrus’). Ek was oorstelp van vreugde. Ek wou nog altyd ‘n pakkie kits-hoendersop van daardie geur gehad het! Aangesien Anna nooit praat nie, het ek egter nie lekker geweet wat sy wil hê ek moet daarmee doen nie (en die briefie het net gesê “geseënde Dinsdag”). Toe stap ek maar kombuis toe, sit die ketel aan en gooi die pakkie in ‘n sopkoppie – soos mens soms met hierdie nimlike soppoeier maak.
Tussen stukkies noedels, gelerige poeier, papawers, dollosse en donsveertjies, lê ‘n strokiesprent:
Geseënde Dinsdag vir jou ook, Anna Morf (waarookal jy is). Dis die beste Dinsdagwens wat ek nog ooit gehad het.









milk
ek hou meer van woensdae
Hmmm…dalk is dit ook ‘n Maart-ding. ‘n Vriendin van my wat ook in Maart verjaar (Hilette), is ook ‘n Woensdagmens. Johan, jy kan die Maart-teorie laat geld of ophef: watse dag verkies jy?
Ek hou elke dag van vandag. Maar dis seker omdat ek in Januarie verjaar.
Knap!Wanneer verjaar jy, Marios Bros.?
(Ek wil vir jou ‘n pakkie goudvis-gegeurde poeiersop pos.)
ek’s meer ‘n dinsdagmens.
ek sal ongelukkig jou Maart-teorie moet betwis. Ek verjaar ook in Maart en is ‘n Woensdagmens. Askies.
Hilette is reg. Woensdag is beter. Ek dink in sy hartjie is Johan ook eintlik ‘n Woensdagmens.
Na drie jaar se aande in ‘n manskoshuis…nie ‘n kans in hel nie
O, ek verjaar nie in Maart nie, Anja. Ek het net gereken (aangesien ek weet jy en Johan verjaar beide in Maart) dat ek die ooreenkoms tussen julle kan gebruik om my teorie te bewys, al dan nie. Maar, helaas! Daar is toe geen skynbare verband tussen verjaarsdagmaand en voorkeur van Dins- of Woensdag nie.
Ek sal ‘n nuwe teorie moet versin…
Dis hartseer dat daar geen verband is tussen verjaarsdagmaande en gunsteling weeksdae nie.
Ruzelda, aangesien dit die EEN ding is wat ek nog altyd wou gehad het, goudvis gegeurde poeiersop, kan ek jou seker maar vertel.
Ek verjaar 31 Januarie. As jy nou ‘n mooi 35 op daai pakkie sop kan sit, sal dit ekstra spesiaal wees.
Sjoe, dis ‘n moeilike takie…maar ek sal my bes probeer.