Die Universiteit van Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands bied ‘n Nagraadse Diploma in Vertaling aan. Dit is, terloops, tans die enigste instelling in die Wes-Kaap waar ‘n formele kwalifikasie in vertaling en tolking verwerf kan word. Dit beteken dat mens na ‘n minimum van vier jaar eers ‘n behoorlike vertaler kan wees – en dus vervolgens eers behoorlike vertalings kan doen.
Sommige idiote reken egter dat die gesigseinder van kennis oor vertaling nie verbreed hoef te word nie. ’n Digitale program waarin tweetalige woordeboeke geïnternaliseer is kan mos net so goed werk, of hoe? Dis tog eenvoudig – mens voer die dokument in, die program vertaal die dokument woord vir woord volgens die betroubare woordeboek en, siedaar! Geen tersiêre studie benodig nie.
Nooit vir ‘n oomblik het ek gedink enigiemand kan régtig sulke eenvoudige denke hê nie. Ek het een van hierdie vertalers afgelaai om bietjie te kyk tot watter mate iets ongeslaagd kan wees (hier kan jy dit ook kry, sou jy wou).
Hierdie is die teks wat ek ingevoer het:
Guidelines for translating
- Look up any words you do not understand in a dictionary
- Always keep the reader in mind. Will they understand the sense of this sentence? Have I translated it too literally to be understood? The text must not sound like a translation. The reader must think it has been written in their own language, not ‘borrowed’ from somebody else’s!
- Never translate word for word. Read the whole page, understand what the writer wants to say. Then write that meaning in the other language. It will often mean turning the order of words round. It might mean using proverbs and sayings, or finding other ways to convey the meaning of the original.
- Keep your sentences short and simple. Use words that are easy to understand.
- Never rush into print without very, very careful checking and proof reading.
en hierdie is die merkwaardige terugvoer:
Handleidings vir die vertaling van
- look op enige woorde u nie verstaan in ‘n woordeboek
- always hou die leser in gedagte. sal hulle verstaan die begrip van hierdie sin? het Ek vertaal dit te letterlik om verstaan te word? die teks moet nie klank soos ‘n vertaling. die leser moet dink dit hetgeskrywe in hul eie taal, nie ‘borrowed’ van iemand anders se!
- never vertaal woord vir woord. lees die hele bladsy, verstaan wat die skrywer wens om te sê. dan skryf dat betekenis in die ander taal. dit sal dikwels bedoel draai die bestelling van woorde ronde. dit mag bedoel gebruik spreuke en gesegdes, of vind ander maniere om oor te dra die betekenis van die oorspronklike.
- keep jou sinne geskiet en eenvoudig. gebruik woorde wat maklik om te verstaan.
- never haas binne-in druk sonder baie, baie versigtig toets en bewys lees.
Beste Groete,
Moroon






8 Kommentaar
Januarie 3, 2007 at 11:05 nm
“never haas”? pffffffft…
Januarie 4, 2007 at 2:12 vm
Swak vertalings en stukke wat woord-vir-woord uit Engels uit vertaal word in Afrikaans in, is twee van die paar dinge op die Aardbol wat my onnodig laat herkou aan vergete maaltye. Veral wanneer hulle my daagliks met ope arms verwelkom in my gunsteling Afrikaanse publikasies…
Januarie 4, 2007 at 7:56 vm
Hahahaha!
Januarie 4, 2007 at 10:08 nm
Hiehiehiehiehie! Ek het 3 weke laas so hard gelag! Hierie programmetjie lyk na ‘n ding wat my van ‘n matige kwantiteit interessante vakansiepret kan voorsien!
Januarie 5, 2007 at 1:15 nm
Ja, Lize, interessante, dog grusame vakansiepret. Ek sou reken mens kan dit klassifiseer as galgehumor, dink jy nie?
Januarie 6, 2007 at 7:27 nm
Grusaam…inderdaad. Dink jou in die allerdaagse dialek wat gehandhaaf sal word deur die volgende generasie indien hierdie merkwaardige vertalertjie in die toekoms gebruik word om skoolhandboeke en ander opvoedkundige literatuur te vertaal…
Januarie 9, 2007 at 6:47 vm
Hierdie klink soos van my Engelse IT-kollegas.
Junie 13, 2008 at 6:14 nm
Die gees is gewillig maar die vlees is swak.
Vertaal na Russies, toe terug na Afrikaans:
Die vleis is sleg maar die wodka is sterk.