aangaande konse[e]kwensie

biekie nie So gepraat van somer: kan iemand my asseblief opvoed met betrekking tot etiek rondom bikini’s en onderklere?  Ek tob nou al vir meer as ‘n rukkie hieroor, maar op geen stadium het my tob-handeling enige vrugte afgewerp wat halfpad sin maak (of eetbaar is) nie.  Het pas besef ek is verdoem daartoe om blog-besoekers se mening in te roep.

As volwaardige afstammeling van Eva is ek seker veronderstel om te weet wat die antwoord op hierdie volgende vraag is, maar ek is bevrees ek weet nie.  Behalwe daarvoor dat bikini’s gemaak is van lap wat vinniger droograak, wat is die verskil tussen bikini’s en onderklere? Deurskynende lingerie van kant is natuurlik ‘n hele ander storie (nes Die Huis Genoot), maar andersins plaas die twee mos presies dieselfde hoeveelheid lyf in die étalage, nie waar nie?  Ek weet dat bikini’s aanvanklik (in die vroeg ’50′s) hewige oproeringe veroorsaak het en selfs verban is by die 1951 Mej. Wêreld-kompetisie, maar ons sapiens het mos intussen bietjie ontslae geraak van inhibisie en preutsheid – dit besef ek goed.

Wat my egter so aan’t frons laat gaan, is die inkonsekwente onderskeid tussen die twee.  Dit maak dit vir die hele Alleman-gesin sin dat mens sonder enige verhewe mos onderklerewenkbroue met ‘n bikini op die strand kan huppel. Hierdie lywe word selfs sonder skroom aangegaap en skaamteloos oor gekwyl.  Behoede egter die persoon wat so obskuur-waaghalsig is om net met sy/haar onderklere aan in die publiek verskyn!   Dit word dan selfs met sterk afkeur aangekyk (toevallig deur dieselfde tannie wat meisies op die strand pluimpies gee oor ‘vrolike baaikostuums’ en ‘fietse lyfies’) as daar toegelaat word dat so bietjie as ‘n bandjie van ‘n bra uitsteek.  Ek kan hierdie sosiaal gekonstrueerde reël van algemene fatsoenlikheid nie uitpluis nie.  Dalk moet ek by prof. Anton van Niekerk gaan aanklop hieroor…

 Hierdie is geensins ‘n etiese kwessie vir my nie en ek het verder allermins die begeerte om met my onderklere te gaan Rugby speel (sien kiekie onderaan) – ek wonder bloot hoe op aarde (of, dan, op strand) ek hierdie sedige kloutjie by die ekshibisionistiese oor moet bring, want dit maak biki ni sin nie.

WTF?!

9 Kommentaar

Filed under Uncategorized

9 Responses to aangaande konse[e]kwensie

  1. goeie waarneming, noudat jy dit so noem. (en puik post.) ek kan dit ook nie kleinkry nie.

    (verruklike uitdrukking, daai “lyf in die étalage”. mag ek dit by jou leen?)

  2. (Natuurlik mag jy – mits jy nie vir Pietie Pool forseer om dit teen sy ysige willetjie te uiter nie.)

  3. ek was vandag in ‘n onderklere-winkel

  4. tilana

    my ros, ek dink dit gaan daaroor dat meeste mense bewus is van die beelde wat hulle uitstraal. as dit by die soek en kies van bikinis kom, maak mense ‘n besluit om hulself so aan die publiek bloot te stel (bygesé, baie bloot). aan die ander kant weet meeste vroue waarom hulle onderklere dra, soos bv. vir ondersteuning, verleiding, om af te rond, om weg te steek, op te lig, af te ‘show’, misterieus te voel, uit gewoonte, om iemand tevrede te stel, vir verrassings, vir selfvertroue ensovoorts. nou is die ding…die feit dat jy onderklere dra beteken nie juis dat iemand dit die dag gaan sien nie. en party mense het hulle stunning stukkies lingerie en die ouer, maar wil-nog-nie-weggooi nommertjies.

    die verskil tussen bikinis en onderklere lé dus in die feit dat bikinis as buitenste laag gedra word, en onderklere, soos die naam dit verklap, meeste van die tyd weggesteek is onder lae klere.

    as jy dan eendag betrap word waar jy daardie ou graad elf nommertjie dra terwyl jy besig is om in privaatheid aan te trek, is dit dalk ‘n onbeplande oomblik. en die beeld of die illusie wat jy met die mooi bolaag wou skep kry ‘n knippie sout by, want die kontinui’teit van jou kwaliteit uitrustings word verbreek. en al meng jy vintage met nuwe klere buite, word dit nooit in die media geadverteer dat vintage onderklere ‘hot’ is nie. daar is amper ‘n verwagting dat mens seker tipes onderklere by sekere tipes klere moet dra…

    om vervolg te word…
    lief die ros

  5. tilana

    okay, verder…(ai, vergeet ek die een ‘sekere’ se ‘e’)

    …onderklere is half iets wat jy net vir jouself doen, en dan natuurlik soms vir ander, as ek dit so kan stel. party vroue wat gelukkig genoeg is om regtig goeie kwaliteit en gemaklike onderklere te kan bekostig, weet dat jy net so goed en vol self-vertroue voel as jy dit daardie eerste dag aantrek. anders as met nuwe skoene en nuwe bykomstighede, gee dit jou amper so ‘n geheimsinnige glimlag (wel…dit is hoe ek voel. en ek kan nogal passievol raak oor die ‘little luxuries in life’), want jy dra iets moois en nuuts en niemand anders weet dit nie. en dit voel dalk amper vir my soos ‘n hot bikini, maar die mens daarin is omhul met ‘n buitenste laag. en ek dink omdat party mense insecure is oor hulle lywe, het hul met onderklere (mooi of nie) nog die vryheid om lekker te kan beweeg en te lewe met die ‘covering’ van die bo-laag. met bikinis voel mens nie altyd jy kan rondhuppel en die 100m hardloop nie.

    en om terug te kom by die punt…ons kies hoe ons onsself wil laat vertoon. geld mag dalk party mense se keuses verstreng of verbreed. maar ons kan steeds kies. kies wat ons wil wys van onsself, hoeveel ons wil wys en waar en wanneer ons iets van onsself wil wys. die wyse besluit sal wees om jouself privaatheid te gun. kies vir wie jy jou onderklere wys…

  6. Kiss vir wie ek my onderklere wys?

  7. “aan die ander KANT weet meeste vroue waarom hulle onderklere dra” (my klem)

    skerp ;)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s