December 12, 2006...11:24 nm

slaaptydstorie 2005

Jump to Comments

Eendag in ‘n aand het twee teepotte die byteltjies misgesit en liederlike versinsels uitgedruk. Die kranksinnige muisperd se nuwe versinsel kon tolletjiebrei en op hangbrûe,
houtgewels, plastiekhortjies, druiweprieele, ouetehuise en ruimteskepe seks (plegtig).

Ruzelda [ons kan, op grond van die beginsels van “hou vir hou”, ‘n storie sin vir sin versin.]

Johan [ek hou onophoudelik van die idee.] “Papawers blom nie maklik in
Groenland nie.”

R [Ek stem gedeeltelik in tot die titel. Ek sal dit egter graag wil wysig tot] “Papawers blom as gevolg van die groot ‘Ug!’ nie maklik in Groenland nie.”

J Die groot ‘Ug!’ raak lui wakker, knipper sy wimpers en strék.

R. Hiermee saam uiter hy op hierdie merkwaardige dag sy jaarlikse drie (piepagtige) “fnu!”s

J Hy borsel selfs sy tand

R Hy besluit om dit, net vir vandag, in sy nawel te bêre om almal vir een dag te spaar van die heerlike glans daarvan

J want vandag is die dag…vandag gaan hy sy papawers met ys bemes.

R Terwyl hy by die deur uitstrompel, mompel hy sy opdrag van sy raaiselagtige opperheer: “maak rooi papawers dooi papawers – looi papawers!”

[o, gaats. Dit maak nie soveel sin nie. Kan ek weer probeer?]

J Die papawers slaak ‘n tydelike sug van verligting terwyl die ‘ug!’ aan sy skepster se pen ry.

R Sy buurman had geen papawers – hy verkies yskaste in sy tuin omdat dit glo kontekstueel beter inpas.

J Stuurs oor sy buurman se flagrant postmoderne estetika strompel hy na die naaste yskas en swets dat dit se handvatsels tuit.

R Terwyl hy hierdie edele daad verrig, wonder hy hoeveel implikasies die woord ‘eina’ omvat.

J Hy sonder homself af in ‘n yskas en tob hieroor vir ‘n duisend sekondes.

R By tekort aan iets beter peusel hy in sy elektroniese igloo aan ‘n stukkie
papier waarop ‘n ene Breytenbach se gedig geskrabbel staan.

J ‘BOENK!’ stamp sy kop teen die dak.

R Hy besluit dat dit ‘n voedsame stukkie papier moes wees as dit hom so vinnig kon laat groei.

J Met ‘n yslike knop op sy kop strompel hy terug na sy bed toe.

R Net voor hy egter sy bed bereik, kom hy tot die besef dat soortgelyke papierse sy papawertjies in papawers sal laat ontpop.

J Hy voer hulle.

R Hy sper sy neusgate ten einde ‘n groeierasie van yslike proporsies te bespeur.

J Sy skepster se mater se oë begin egter erg knipper.

R Sy skepster skep self al anti-knipperasie toestelle

J Haar vriend stel ‘n vervolgverhaal voor

R Sy voel akkoord.

4 Kommentaar

  • Die verbruik van groot hoeveelhede gefermenteerde druiwe produkte moes erg hiermee gepaard gegaan het.

  • Ek moet jou teleurstel, Da Mario. Hierdie boodskappe is lettertjie vir lettertjie oorgetik – onder die invloed mag daar dalk ‘n spelfoutjie of twee gewees het, dink jy nie?

  • Ek stem Ruzelda… ek het bedoel voor dit lettertjie vir lettertjie oorgetik is.

    Aan die ander kant, ek is oortuig jy en Johan rook of snuif iets voor julle post…. of dis wat ek sou moes doen om so kreatief te wees!
    Jy het ‘n great site, maar dis obvious of hoe, anders sou ek nie so baie gecomment het nie!
    Lekker vakansie, kersfees en nuwe jaar vir jou!

    Da Mario

  • Fanks vir die pluimpie, Da Mario. Mooi fe(e)s(es)tye vir jou ook.


Leave a Reply