Hulle sou nie omgee om bokmelk uit ‘n koppie te drink nie. Hulle meen selfs dis beskaafd – doen dit in konfooi en noem dit ‘n ‘teeparty’. Maar vra een van hulle om suiwer water uit ‘n kop te drink, dan is hulle verafsku. Snou jou toe dat jy ‘n barbaar is.
Dan beweer hulle met dieselfde teug dat uiterlike nie saakmaak nie, dat grootte onbeduidend is. Hoe kry ek daardie semantiese kloutjie by die oor (of dan, klou by die oortjie)?






1 Kommentaar
December 8, 2006 at 3:34 nm
[applous vir die spitsvondige titel]