December 2, 2006...10:57 nm

Net op die platteland…(‘n interteks)

Jump to Comments

Feit: ek is nie vertroud met die term ‘tyd’ nie. Een van die oneindige gevolge hiervan, is dat my laaste biblioteekboek ‘n skamele twee maande laat was. Ek het dié boek vanmiddag ontdek waar dit doodluiters in ‘n leë vistenk in my kamer – tussen gedroogde blomblare genessel was (terloops, dié vistenk was na my verjaarsdag ingespan as houer vir die blomme – blompotte is só mainstream).

post-blompottt.jpg


Terug by die oorspronklike storie – die plattelandse boetesisteem is nog meer kostelik as wat ek onthou (ek weet, ek is self ‘n volbloed-plattelander, maar dit gee my soveel meer reg om hiermee te spot). Die biblioteektannie het gefluister dat ek die volle prys van die boek sowel as die boetegeld moes betaal. Vir ‘n oomblik was ek benepe. Sy het op so klein, ou sakrekenaartjie die somtotaal bepaal: R27.50, maar ek kry 50c afslag (as dit nie was vir die stilte-bordjie nie, het ek gejodel). Die tannie haal toe so dik, blou rol uit die kas en begin papiertjies aftel – 27 daarvan. 

boete.jpg

So het dit gekom dat ek by Swellendam se biblioteek  uitstap met ’n fonds van een lang string blou papier wat agter my aanwapper soos ‘n vlag wat my onvergeefbare sonde uittrompetter (of uitxilofoon, as jy wil). Wat ek daarmee moet doen, weet ek en heel waarskynlik munisipale werkers ook nie, maar ek dink dis kostelik.

31 Kommentaar

  • Wat was hierdie tydsame boek se titel?

  • Die Swart Kombuis, mos :)

  • Ruzelda…
    Hier ‘n stukkie uiters nuttelose inligting. Ek het op hierdie einste dorp gebly en skool gegaan vanaf 1979 tot en met 1989. Sou reken dis heelwat voor JOU tyd! Het menigte skool vakansie in daai biblioteek deurgebring en seker alles gelees wat hulle daai tyd daar gehad het.
    Maar dis waar, selfs daai tyd was Swellendam se hoof uitvoer produk nuus verspreiding….

    Ek mis egter die ou dorpie met tye.

  • Interessante titel. Dié Kasblom. Wat sou die betekenis daarvan wees? Kastras verwys na ‘n gay man wat verkies dat sy seksuele voorkeure nie op die lappe kom nie. Nou Kasblom? Iemand wat trots is op die kas? Of dalk dood eenvoudig: ‘n blom op die kas? Maar ook… miskien ‘n ooreenkoms met “sit op die rak” / “sit op die kas”? Ek wonder maar net.

  • Weet jy, dmario, ek is eintlik bitter liefie vir hierdie plek. Soetlik om net te ver(Swellen)damp hierheen – dis so lekker stil.
    Hehehe, ja,in 1989 was ek maar ‘n skamele 4 jaar oud…en toe het ek in Kremetart gewoon (nog kleiner as Swellendam – bid jou dìt aan). Vreemd om te dink – ek en jy, vreemdeling, het hoogs waarskynlik al aan dieselfde boek(e) gevat. Sonderling genoeg vir my.
    (Terloops – ek dink glàd nie dis nuttelose ingligting nie. Dis lekker om te hoor.)

  • Fluisterstem, daar is geen seksualiteitskwessies gekoppel aan die naam van my blog nie. As ek dit so graag ‘n geheim wou hou, sou ek dit mos nou nie uitbasuin vir die hele wêreld nie, sou ek? Terloops – ek is nie les nie (tot my spyt, want ek sou nogal graag so ‘les(s) is more’ T-hemp wou dra).
    ‘n Kasblom is bloot ‘n blom wat in ‘n broeikas gekweek of gehou word, omdat die omgewingsomstandighede vir die blom te buitengewoon is. Aangesien my ‘dagboek’ nie gewoond daaraan is om so blootgestel te wees aan almal se opinies nie, het dit my baie hieraan herrinner. Die broeikas-tema is ook gepasd omdat hierdie blog nog maar ‘n pap babatjie is. Goeie relativerings-poging, though, Fluisterstem – dankie.

  • Dankie Ruzelda, dit was egter nie die bedoeling nie. Ek het maar bloot gewonder, maar nou weet ek. Dankie.

  • wat ‘n wonderlike vistenk! waar kan ek ook so ene kry?

  • Ek twyfel daarin of jy een gaan kry, maar as jy regtig wil, kan ek vir jou treetjie vir treetjie verduidelik hoe om een te bou…Skree net.

  • Kom vandag op jou blog af. Jy laat my nou terug verlang Riviersonderend toe.

    Klein dorpies het maar net die manier om blywende spore in jou binneste te stap. Ek wil nooit weer daar bly nie, maar dis lekker om so nou en dan terug te gaan. Ek mis die berge.

  • Ah, Riviersonderend! Lieflik. Ek sal jou goed glo dat jy die berge mis. Dis die een van die hoofdinge wat my dit sal laat oorweeg om ‘n voltydse plattelander te word. (Gelukkig het Stellenbosch baie berge).

    Terloops, waar bly jy dan nou?

  • pretoria – was net st 6 en 8 in riviersonderend op skool. baie aangejaag – moenie vra nie ;-) . ek dink nie ek is vir die platteland gemaak nie. Alhoewel, Riviersonderend is darem nie so ver van die Kaap af nie.

    My Ouma-hulle sal ‘n hartaanval kry as ek moet terugtrek soontoe.

  • Ek het juis vanmiddag daar deur Riviersonderend gery – dit staan nog (vir ingeval jy gewonder het). Hoop jy’t darem jou aanjaag geniet, want aai, dis mos darem soms so woes aangenaam om aan te jaag.

  • my naam is glo anja omdat ek anja(ag). Ek’s bly die plek staan nog – moet weer daar gaan draai. eendag… baie memories in daai begrafplaas.

  • Jeez, a koala is less occasional than some expectant badger. mechanical engineering s

  • I’ve got an Amazon gift certificate burning holes in my pocket,
    and I want to get the most bang for my buck.

    Enter the Secret Amazon Web Pages:

    http://tinyurl.com/38sojf

    This is where you’re going to find the “latest sales, rebates, and limited-time offers” from
    Amazon, and you can score some pretty deep discounts if you’re a savvy shopper.

    Next, there’s the special Sale link. This is open every Friday, and ONLY on Fridays.

    You can find the same good discounts here as you would in hidden Deals, although some
    Fridays you can really get lucky and make off like an Amazon bandit – I’ve seen discounts
    there as low as 75% off sticker price.

  • Hello
    Please prompt where it is possible to buy online viagra

  • Hi.
    Good design, who make it?

  • Nikita Aleksandrov

    The European credit cards: MasterCard, Visa (Gold/Platinum/Corparate/Bissnes/Signature), all cards workers, a guarantee, balance of cards from 2000 $, behind the detailed information and the prices write:admin.cc@mail.ru, or ICQ 423669709.

    The credit card, credit cards, plastic cards, mastercard, visa, carding, cvc, damp, dump, bank cards, plastic cards, credit cards, a debit card, a bank card, a card visa, a card the visa, maestro, visa classic, visa electron, cc, cards, magnetic cards, number of credit cards, visa a credit card, the generator of credit cards, the Internet credit cards, plastic cards visa, cvv, cvv2, carder to receive a credit card, credit the Internet a card, the visa a credit card, a code of a credit card, to buy a credit card, sale of credit cards, bank credit cards, credit cards reception, a debit card, the master of cards, the master of cards, maestro card, a card maestro, magnetic cards, payment cards, dumps

  • Apart from BWIN, other companies have joined the battle against corruption and dishonesty including UNIBET.

  • [url=http://catalog.miheeff.ru]каталог okuma[/url]

  • Very interesting blog. Be good to my respect structure I have a joke for you =) Which side of a dog has the most hair? The out side.

  • Search and compare prices on cheap chicago flights, get the latest flight deals from all major airlines and travel agents. cheap chicago flights. Searches many sites at once to find the lowest prices.

  • Chicago cheap flights-Special Airfares & Tickets to Cheap Chicago Flights and Nearby Destinations.chicago cheap flights
    Discount airfare deals on flights to Chicago (ORD). Book cheap flights to Chicago with CheapOair & save.


Leave a Reply