Maandelikse Argiewe: December 2006

aangaande konse[e]kwensie

 So gepraat van somer: kan iemand my asseblief opvoed met betrekking tot etiek rondom bikini’s en onderklere?  Ek tob nou al vir meer as ‘n rukkie hieroor, maar op geen stadium het my tob-handeling enige vrugte afgewerp wat halfpad sin maak (of eetbaar … Continue reading

9 Kommentaar

Filed under Uncategorized

met jou penne agter die ore styf

O, ja – nog een kitsfeit oor Grootbrak:   Soms is daar oulike tannies soos hierbo met leë kamertjies waarin daar waardevolle fondse vir blogs in bokse lê en wag. Ek het hierdie handleiding (wat mildelik bygedra het tot my uitbreiding van … Continue reading

12 Kommentaar

Filed under Uncategorized

lywige hondsdolhede

Die afgelope week het ek soetsalig in Groot Brak gepekel saam met hierdie twee spiff poedels  (vandaar my swye) :    Hier is ‘n paar kitswenke en feite wat mens moet weet met betrekking tot Groot Brak: -Groot Brak is stampvol klein, keffende brakkies. … Continue reading

8 Kommentaar

Filed under Uncategorized

studie in mosgroen

 Alles was groen in hierdie droom. Alles was boonop dieselfde skakering groen – so mosserige groen (toevallig presies dieselfde groen as die hieropvolgende umlaut op die a: ä). Horlosies, skadu’s, padtekens, eerstejaars, lammers, kokke, mos, wange, gradeplegtighede, snorre,  tee, blindederms, sakdoeke, appels, konstabels, strykysters, ABBA-plate, … Continue reading

5 Kommentaar

Filed under Uncategorized

slaaptydstorie 2005

Eendag in ‘n aand het twee teepotte die byteltjies misgesit en liederlike versinsels uitgedruk. Die kranksinnige muisperd se nuwe versinsel kon tolletjiebrei en op hangbrûe, houtgewels, plastiekhortjies, druiweprieele, ouetehuise en ruimteskepe seks (plegtig). Ruzelda [ons kan, op grond van die … Continue reading

4 Kommentaar

Filed under Uncategorized

se man…tick!

Ek het ‘n sterk vermoede dat die stigter van die woord ’populêr’  met opset ‘n ‘poppie’ daarin genessel laat lê het. Ek wonder nogal of die persoon wat die woord tissue uitgedink het, dit geskoei het op die woord issue? Van … Continue reading

3 Kommentaar

Filed under Uncategorized

Hoeka toeka, ja-ja!

So paar maande gelede het ek my profile op facebook gesit omdat ek graag Appel se blog wou gadeslaan (hierdie hakies is gevul met progressiewe stilte ten einde eerbied te bring aan  laasgenoemde en medelye te toon as gevolg van die sneuwelary daarvan).  Ek  self het enkele posts daar … Continue reading

Lewer Kommentaar

Filed under Uncategorized

Hallo, kokkie. Koppiekrap, koppiekrap? (15 Okt)

Ek, Daniël Ferreira en Tilana Boshoff het vanmiddag genoeg rede gevind om aan Lecca il Gelato te gaan smul. Oorkant die pad by l’ Olive was die absurdste toneel: Daar het stringe kokke met gevoude arms erewag gestaan vir meer as … Continue reading

3 Kommentaar

Filed under Uncategorized

“Less even than a dream” – Kant (22 Okt)

Ouma’s hou van kant en om inisiatief te neem met ‘n oormaat daarvan. Kyk hierdie fraaie rokkies wat my ouma my mee verras het. Sy het dit spesiaal vir my gemaak (en my geforseer om dit aan te trek en … Continue reading

3 Kommentaar

Filed under Uncategorized

Ceci n’est pas une voetoorgang (19 Okt)

Oor die algemeen is die waarheid vir my woes vervelig. In my Eerstejaar het ek met elke liewe skakeling ‘n ander persoonlikheid opgemaak. Dan is ek Liesbet wat sleeptong praat en alles wat die ou met wie ek skakel sê … Continue reading

5 Kommentaar

Filed under Uncategorized

Sy het gesê: “Laat daar zebrastrepe wees”. En daar was zebrastrepe. (23 Okt)

Ons voetoorgang was skynbaar ‘n profetiese een. Die munisipaliteit het dit goedgedink om dit vandag tot volwaardige voetoorgang te wysig (volmaak, met stopstrepe, netjiese blokke én boonop ‘n bordjie wat dit aandui). Toe ek vanoggend van klas af stap was … Continue reading

5 Kommentaar

Filed under Uncategorized

eendag as ek groot is, gaan ek tel

Hulle sou nie omgee om bokmelk uit ‘n koppie te drink nie. Hulle meen selfs dis beskaafd – doen dit in konfooi en noem dit ‘n ‘teeparty’. Maar vra een van hulle om suiwer water uit ‘n kop te drink, dan … Continue reading

1 Kommentaar

Filed under Uncategorized

(w)eerloos?

Een van my talle gunsteling vermaaklikhede op die platteland, is om tweedehandse boeke wat uit die 80’s (of vroër) dateer vir ‘n appel en ‘n ei (eintlik gewoonlik net vir ‘n appel) aan te skaf. Ek lag dan vir ‘n … Continue reading

14 Kommentaar

Filed under Uncategorized

Net op die platteland…(‘n interteks)

Feit: ek is nie vertroud met die term ‘tyd’ nie. Een van die oneindige gevolge hiervan, is dat my laaste biblioteekboek ‘n skamele twee maande laat was. Ek het dié boek vanmiddag ontdek waar dit doodluiters in ‘n leë vistenk in my kamer – tussen … Continue reading

36 Kommentaar

Filed under Uncategorized

Min of meer

Vakansies is ek soms so vervlaks gaaf om vir my ma (sien oor my lewende liggaam vir meer inligting oor haar) die inkopies te gaan doen. Vanoggend weer. Die nie-stimulerende onvermydelikheid van hierdie uitstappies is gewoonlik om bekende (of minder … Continue reading

3 Kommentaar

Filed under Uncategorized