Dit was dié geur wat my eens oortuig het om by my laerskool die JC-meisie te word (dit is, die meisie wat pouses JC’s verkwansel).
Dit was ‘n lukrake brokkie biografiese inligting (sien oor my lewende liggaam) wat my op hierdie ongoddelike tyd van die nag tot die besluit laat oorgaan het om geboorte te skenk aan ‘n kasblom. Hierdie einste kasblom.






9 Kommentaar
December 1, 2006 at 7:10 vm
Dit was ‘n kakafonie toe jou sms my vanoggend net na sewe verwekker het.
Dit was (pie)sang in my ore toe ek ontdek dat dit tydings baar oor jou afstammeling.
(Hartlik wel)kom.
Is dit ‘n sy?
December 1, 2006 at 10:12 vm
Ek vermoed so, ja. Ons sal maar moet wag en sien as dit uit die broeikas(blom) kom…dalk is dit ‘n satyn?Of iets aristokraties soos ‘n fluweel.Ek raak toenemend opgewonde.
O, ja, jammer oor die ongerieflike verwekking vanoggend. Dit is egter vreemd dat dit jou net na sewe verwek het…Ek het dit so 3urerig gestuur.
December 1, 2006 at 1:12 nm
Welkom ruzelda…
Dit was net ‘n flou grappie en simpel comment wat ek op Johan se blog gelaat het. Ek het egter bedoel jou pic is mooi. Vra Johan om my comment op sy site te verwyder as jy dit nie laaik nie.
Mooi bly
Da Mario
December 1, 2006 at 1:14 nm
(Hehe, dit was omstreeks 2:58. My foon maak elke twee minute ‘n geluid totdat ‘n mens die boodskap lees, so ek moes regdeur iets soos 150 luitone geslaap het. Living on the edge…)
Ek hoop van harte dat dit nie ‘n roeser is nie. Om jou lewe lank te oksideer, is nie wenslik nie. Bid jou die eksistensiële angs aan wat die arme dingetjie sal moet deurgaan. In my geestesoog waak ek oor die broeikas. Lank lewe (tegnol)ogie.
Oulike avatar-kiekie.
December 1, 2006 at 9:46 nm
Dankie vir die oog…dis uiters edel van jou. Die kind het ‘n pa ook nodig (en aangesien jy inderdaad die konsepsie van hierdie kasblom bewerkstellig het…).
Ek het nounet eers gesien dat jy my gisteraand op jou blob weereens aangemoedig het om tot hierdie aksie oor te gaan. Moes telePAtie gewees het.
December 1, 2006 at 10:03 nm
mo(e)s inderdaad.
ek staan graag pa: giiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiil gerus as daar doeke ter sprake kom. (peper met patatranke as ek nie reageer nie.)
December 2, 2006 at 1:11 nm
o, nee. Jammer, ek het dit tyd verkeerd gekyk. Nul telePAtie.
December 2, 2006 at 2:52 nm
Hiermee open ek dan amptelik die parlement.
December 24, 2006 at 1:23 vm
Geseende kersfees!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!