Entries from November 2006

November 30, 2006

die geur van verpulpte piesang

Dit was dié geur wat my eens oortuig het om by my laerskool die JC-meisie te word (dit is, die meisie wat pouses JC’s verkwansel).
Dit was ‘n lukrake brokkie biografiese inligting (sien oor my lewende liggaam) wat my op hierdie ongoddelike tyd van die nag tot die besluit laat oorgaan het om geboorte te skenk aan ‘n kasblom. [...]